Klagtes na gru-Otavi ongeluk

Die Brasiliaanse man wat na bewering die Toyota Fortuner bestuur het wat Dinsdagmiddag van voor met die sewesitplekvoertuig buite Otavi gebots het, het reeds in die hof op Otjiwarongo verskyn op klagte van strafbare manslag en sy saak is tot 27 Junie uitgestel. Die ongeluk het die lewens van nege mense geëis – agt in die sewesitplek en ‘n vrou in die Fortuner, ook ‘n Brasiliaanse burger. Die 59-jarige beskuldigde, Luiz Charles Araujo De Sa is in aanhouding en die saak moet oorgedra word n a Otavi waar die ongeluk plaasgevind het.