Klagte teen Amushelelo staan

Die Oshana-polisie het bevestig dat die klagte teen aktivis Michael Amushelelo nie uitgegooi is nie. Amushelelo is Maandag gearresteer op Oshakati na hy by Rani Trading op die dorp aangekom het. Die maatskappy het op 22 Desember ‘n beskermingsbevel teen Amushelelo gekry en hy mag, ingevolge die bevel nie binne 200 meter van die perseel kom nie. Streekskommissaris Naftal Sakaria het aan plaaslike media gesê Amushelelo is gewaarsku en laat gaan. Verdere ondersoek word nou ingestel om bewyse vir oortreding van privaat eiendom, skade aan eiendom en verbale aanranding te bekom. Daar word ook ondersoek oor die spesifieke bepalings van die hofbevel ingestel.