KKNK gaan gróót vanjaar

Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn is vanjaar weer terug in sy volle glorie en word van 1 tot 9 April aangebied. Die KKNK is vir twee jaar virtueel aangebied, gevolg deur ‘n beperkte feesprogram verlede jaar. Die 27ste jaarlikse KKNK bied vanjaar baie van die ou gunstelinge aan maar ook ‘n paar nuwe toevoegings. Van 1 tot 4 April word ‘n Jeug-kunstefees in samewerking met die Wes-Kaapse onderwysdepartement aangebied. Die KKNK se artistieke direkteur, Hugo Theart…