Kiwi skeidsregter blaas Springbokke-Frankryk wedstrydOctober 10, 2023

Rugby: Ben O’Keefe van Nieu-Seeland is Sondag die skeidsregter in die Wêreldbeker-kwarteindstryd tussen die Springbokke en Frankryk in Parys. Paul Williams en James Doleman is die assistent-skeidsregters en Brendon Pickerill die televisieskeidsregter. Wayne Barnes is in bevel van Saterdag se kwarteindstryd tussen die All Blacks en Ierland. Jaco Peyper van Suid-Afrika is aan die stuur van sake in die wedstryd tussen Wallis en Argentinië, en die Fransman, Mathieu Raynal, sal die fluitjie hanteer in die kwarteindstryd tussen Engeland en Fidji.