Kitsvloede, haelstorms hou gevaar in

Die Stad Windhoek waarsku inwoners en besoekers om bewus te wees van die moontlikheid van kitsvloede en sterk winde gedurende die reënseisoen. Hierdie toestande kan lei tot skade aan eiendom, kragonderbrekings, oorstromings en onveilige paaie. Die waarskuwing kom in die lig van die Meteorologiese Dienste se reënvoorspelling, wat normale tot bo-normale reënval vir die meeste dele van Namibië verwag. Gevolglik is daar ‘n risiko van oorstromings en kitsvloede in sommige gebiede, asook haelstorms en weerlig wat skade aan infrastruktuur en menselewe kan veroorsaak.