Kitsvloede eis 22 lewens in Iran

Minstens 22 mense is dood in kitsvloede wat veroorsaak is deur swaar reën in Iran se suidelike provinsie Fars. Ten ministe een person is vermis, het Khalil Abdollahi, hoof van die provinsie se krisisbestuursafdeling, aan die nuusagentskap Tasnim, gesê. Hy het gesê 55 mense is gered in die vloed wat 15 motors meegesleur het. Die goewerneur van die Fars-provinsie het volgens staatsmedia vandag ‘n dag van rou verklaar.