Kitshoff, Hendrikse, Moodie terug vir All Blacks
Rugby: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het Steven Kitshoff, Jaden Hendrikse en Canan Moodie ingesluit in die groep vir die Kampioenskapstoetse teen Nieu-Seeland. Erasmus het ook vir Jasper Wiese, André Esterhuizen en die slot Nicolaas Janse van Rensburg teruggeroep. Hy het besluit om die groep te vergroot van 33 tot 37 spelers vir die twee uitverkoopte toetse teen hulle aartsvyande. Die slotte Franco Mostert, Lood de Jager en Jean Kleyn is nog beseer. Morné van der Berg en Johan Grobbelaar is uitgelaat uit die groep.