King Nehale-bewaringsgebied help leerders voed

Die King Nehale kommunale bewaringsgebied, wat in die omgewing van die Etosha Nasionale Park in die Oshikoto-streek geleë is, het nege springbokkarkasse, voedsel en skoonmaakmiddels aan verskeie skole in die streek geskenk. Die bewaringsgebied wat deur die plaaslike inwoners geadministreer word, het die mandaat om te verseker dat omliggende nedersettings voordeel trek uit die natuurlike hulpbronne in daardie omgewing. Die onderwys-direktoraat het Samuel Shivute, die voorsitter van die streekraad en die gemeenskap verseker dat die skenkings vir die beoogde doel aangewend sal word, naamlik om leerders te voed.