King is opgewonde om Wes-Indiese Eilande span te lei

Brandon King sê hy is opgewonde om die Wes-Indiese Eilande te lei, veral tuis. Die 29-jarige sal die Karibiese span aanvoer in die komende reeks van drie T20-wedstryde teen Suid-Afrika op Sabinapark in sy vaderland, Jamaika. Die eerste kragmeting vind Donderdag plaas. Die tuisspan se gereelde kaptein, Rovman Powell, speel nog in die Indiese Premierliga. King sê die reeks is hul laaste kans om vir volgende maand se T20-Wêreldbekertoernooi voor te berei: