Kinderversorger bieg hy is pedofiel

‘n Voormalige kinderversorger, Ashley Paul Griffith, het skuld beken op 307 kinderseksoortredings insluitend 28 aanklagte van verkragting van tientalle kinders in sy sorg in Brisbane, Australië en Italië tussen 2007 en 2022. Hy het vanoggend in die Queensland Distrikshof verskyn waar hy ook skuld erken het op veelvuldige aanklagte van die besit van kinderuitbuitingsmateriaal. Die Australiese federale polisie glo Griffith, wat oor die vereiste kindersorgkwalifikasies beskik, het al sy beweerde oortredings op selfone en kameras by die werk vasgelê.