Kinderveiligheid begin tuis
Die organisasie Missing Children SA vra verbeterde veiligheidsmaatreëls om iets te doen aan die toename in kinderverdwynings. Die welsynsorganisasie vra meer waaksaamheid onder die gemeenskap en beter opvoeding van kinders oor veiligheid. Bianca van Aswegen van die organisasie sê veiligheid begin tuis, met ouers en voogde wat ‘n lewensbelangrike rol speel. Van Aswegen moedig ook gemeenskapslede aan om enige mishandeling of verdagte gedrag aan te meld en toesig te hou oor kinders in hulle buurte: