Kindersterftes as gevolg van spazawinkels moet aangespreek word

ActionSA het ‘n mosie in die Parlement ingedien waarin hy vra vir dringende ingryping om ‘n einde te maak aan die kommerwekkende sterftes onder kinders weens besmette kos wat met spazawinkels verbind word. Net in Gauteng is 203 gevalle tussen Februarie en September vanjaar aangemeld, waartydens ses kinders dood is. Lerato Ngobeni van ActionSA sê plaaslike spazawinkels word grotendeels deur buitelanders bedryf, en gesondheidsinspeksies word nié gereeld op dié persele uitgevoer nie: