Kindersorg-wet word gewysig – gaan dit help?
Die maatskaplike welsyn-ministerie is besig om wysigings van die Wet op Kindersorg en Beskerming van 2015 te ontwikkel. Die ministerie doen ‘n beroep op deelname aan die proses om die wet te wysig. Dit is belangrik in die lig van kinders wat by Katutura-hospitaal gelos word, behoeftige kinders op straat, gebrek aan fasiliteite vir beskerming van kinders, en meer. Kosmos 94.1 Nuus het met oud-ombudsman John Walters gesels oor hoekom dit belangrik is en watter verskil dit werklik sal maak.