Kinders vorm deel van SA-gesprek oor geslagsgeweld
Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling in Suid-Afrika het begin om met kinders in gesprek te tree oor die Nasionale Strategiese Plan oor Geslagsgeweld en Moord op Vroue. Dit volg nadat kinders by die Presidensiële beraad oor geslagsgeweld wat verlede jaar gehou is, gesê het daar moet ‘n spesiale fokus op geweld teen hulle wees. Die departement het met beraadslaging met kinders in Gauteng begin. ‘n Woordvoerder, Lumka Oliphant, sê gesprekke word gelyktydig in Limpopo, die Noord-Kaap en KwaZulu-Natal gehou.