Kinders kry warm, twee keer soveel

Namibiese kinders, veral in landelike gebiede sal iets van die jongste Unicef-verslag verstaan. Volgens die VN liggaam leef sowat een uit elke vyf kinders wêreldwyd in gebiede wat minstens twee-keer soveel uiterste warm dae elke jaar beleef, vergeleke met 60 jaar gelede. Verlede jaar was by verre die warmste jaar op rekord, en wetenskaplikes verwag dat wêreldwye temperature nog verder kan styg. Unicef het bevind ‘n totaal van 123 miljoen kinders, of 39 persent van kinders in Afrika ervaar temperature van meer as 35 grade Celsius oor ‘n gemiddelde van vier maande elke jaar.