Kindermishandeling in die buurland styg skerp

Die Geslagsgeweld Reaksiefonds waarsku oor ‘n toename in kindermishandelingsake in die buurland. Die organisasie se woordvoerder, Tshepo Sefotlhelo, sê kindermishandeling by skole neem toe teen ‘n kommerwekkende tempo. Hy voeg by die koers van seksuele teistering en seksuele misbruik van leerders in Suid-Afrika is hoër as die wêreldwye koers. Sefotlhelo sê kinders moet nie geviktimiseer word wanneer hulle voorvalle van mishandeling aanmeld nie: