Kinder-wanvoeding ‘dikwels aan die ouers te wyte’

Wanvoeding is ‘n groeiende bekommernis in Namibië, volgens die Wêreldvoedselprogram, met 24 persent van kinders onder die ouderdom van vyf wat vertraagte groei ervaar, 6 persent wat te te min weeg vir hul lengte en 13 persent wat ondergewig is. Aktiviste sê egter die publiek verstaan die syfers as ‘n tekort aan voedselsekuriteit in die land maar, hulle meen in talle gevalle handel dit eintlik oor drankmisbruik deur die ouers. Verskeie gevalle is reeds aangemeld van ouers wat kleuters sonder kos toesluit in sinkhuise in informele nedersettings terwyl ouers uitgaan om te drink. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige ombudsman, advokaat John Walters, gepraat oor toenemende misdaad teen kinders in Namibië. Hy sê veel meer kan gedoen word om dit stop te sit, veral deur die howe.