Kind met kopbeserings in hospitaal na beweerde lyfstraf by skool

‘n Herrie het losgebars na ‘n 10-jarige leerder by Tobias Hainyeko Laerskool in Windhoek flou geword het na hy na bewering deur ‘n onderwyser geslaan is. Die seun is later weens kopbeserings in ‘n hospitaal opgeneem. Die waarnemende skoolhoof, Filippus Hinanamunhu, sê die skool het streng interne beleide teen lyfstraf en sulke beweerde optrede word nie goedgekeur nie. Hy bevestig dat die skool ‘n verslag by die onderwysministerie ingedien het, en ‘n ondersoek is aan die gang.