Kim kom in Vladivostok aan

Noord-Korea se leier Kim Jong-un is in Rusland vir ‘n ongewone vergadering met president Vladimir Putin. Die twee leiers gaan volgens berigte ‘n wapenooreenkoms aangaan waar Pyongyang wapens verskaf vir Rusland se oorlog in Oekraïne. Kim kan op sy beurt energie- en voedselhulp vra, asook gevorderde tegnologie vir satelliete en kernaangedrewe duikbote. Amerika se Departement van Buitelandse Sake sê hy sal nie huiwer om nuwe sanksies aan te kondig om te keer dat wapens, strydig met vele resolusies van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad, aan Rusland voorsien word nie.