“Killer Bee” bier met ‘n goeie doel

‘n Span mikrobioloë aan die Cardiff-universiteit in Wallis het ‘n nuwe bier ontwikkel en sommer met plaaslike bande: bier gemaak met ekstrakte van “Killer bees”.

Professor Les Baillie en sy span mikrobioloë van die Skool vir Farmaseutiese Wetenskappe het Namibië besoek om saam met wetenskaplikes van die Universiteit van Namibië te werk aan volhoubare omgewings-ontwikkelingsprojekte, en terwyl hulle in die land was, het hulle in Afrika-bye begin belangstel, ook bekend as “Killer bees”.

“Saccharomyces cerevisiae, algemeen bekend as brouersgis, word in die derm-mikrobioom van heuningbye aangetref.

“Toe ons aan ‘n projek in Namibië gewerk het, het ons die brouersgis geïsoleer van moordenaarbye wat natuurlik gevrek het,” het Baillie in ‘n nuusvrystelling van Cardiff Universiteit gesê.

“Terug in Cardiff, het ons die geïsoleerde “Killer bee”-brouersgis, saam met gis van Walliese heuningbye, gebruik om verskeie groepe bier te maak.”

Die span poog nou om met ‘n brouer saam te werk om “Killer bee”-bier aan die publiek vry te stel. Die opbrengs uit die verkope sal vir die ondersteuning van die span se navorsing gaan. Killer Bee Beer is ‘n prettige byprojek vir Pharmabees-studies. “Ons navorsing oor bye is besig om te ontdek hoe heuning, byewas en ander bye-byprodukte ‘n rol kan speel in die oplossing van sommige van die wêreld se grootste uitdagings – insluitend die aanpak van antibiotika-weerstandigheid en superluise,” het Baillie gesê.