‘Kill the Boer’-saak: Afriforum sê regter moet onttrek
Afriforum het ‘n aansoek by die Appèlhof in Bloemfontein ingedien waarin hy vra die waarnemende Appèlregter, Raylene Keightley, moet van die Kill the Boer, Kill the Farmer-saak onttrek. Dit volg nadat Keightley tydens ‘n saak in 2018 sterk menings teen Afriforum uitgespreek het en voorgestel het sy word onttrek van toekomstige sake waarin die organisasie betrokke is. Ernst Van Zyl van Afriforum vra vir ‘n nuwe paneel om die appèlsaak teen die EFF-leier, Julius Malema, se dreunsang te hanteer: