Kiesers het ANC vir sy arrogansie gestraf

Die politieke ontleder, Aubrey Matshiqi, sê Suid-Afrikaners het die ANC gestraf vir sy arrogansie met mag. Hy het tydens ‘n potgooi gesê hy is jammer oor die verkiesingsuitslae en wys daarop kiesers het opgestaan teen die ANC weens sy swakheid en beloftes wat nie volvoer is nie. Hy hou vol Suid-Afrikaners het ‘n standpunt ingeneem met hulle stemme en beklemtoon die teenrewolusie wat op die uitslae volg: