Kieser word as vermis aangegee na hy ry om op Midgard te stem
Owerhede is op soek na ‘n vermiste kieser wat Woensdag uitgery het Midgard toe om sy stem uit te bring. Sy familie het die laaste punt waar hulle nog kontak met hom gehad het maar, kan hom nou glad nie bereik nie. Die familie sê hy het verlore geraak het en op ‘n ander plaas op geëindig. Hy het blykbaar in ‘n rivierbed vasgesit maar die familie het alle kontak met hom verloor. Daar is ‘n beroep op boere en gemeenskapslede in die gebied om die soektog by te staan.