Kiesafdelings moet meer sulke byeenkomste reël om kwessies aan te spreek

Die vergadering wat deur inwoners van die Windhoek-Oos kiesafdeling gehou is met Stad Windhoek, het goed afgeloop. Daar was verskeie kwessies wat die inwoners wou aanspreek, waaronder misdaad en meer. Brian Black, raadslid vir die kiesafdeling sê hulle het antwoorde ontvang op hul vrae.

Dit word beskryf as uiters belangrik omdat die kiesafdeling self die vergadering aangevra het om verandering te bring. Ander kiesafdelings word aangemoedig om dieselfde te doen.