KI vererger klimaatkrisis

Die skepping van ‘n hoëdefinisie-beeld deur middel van kunsmatige intelligensie gebruik net soveel energie as om ‘n selfoon te herlaai. Dít is die bevinding van ‘n navorser oor die uitwerking van AI op die klimaat, Sasha Luccioni. Tegnologiereuse in Amerika het gemerk Google se vrystelling van kweekhuisgasse het verlede jaar met 48-persent gestyg teenoor 2020, en dié van Microsoft met 29-persent in dieselfde tyd. Luccioni vra dat energiedoeltreffendheid vir AI-algoritmes gesertifiseer word en vir groter deursigtigheid van tegnologiemaatskappye.