KI-onderwyser word in Gr 11 in Engeland getoets

‘n Privaat skool in Londen open Brittanje se eerste klaskamer waar onderwys gegee word deur kunsmatige intelligensie in plaas van menslike onderwysers. Ondersteuners van die idee sê die tegnologie maak presiese, pasgemaakte leerwerk moontlik, terwyl kritici betoog KI-onderwys sal tot ‘n siellose, somber toekoms lei. Die David Game College open dié maand sy nuwe onderwyserlose kursus vir 20 graad 11-leerders. Hulle sal leer deur die gebruik van ‘n mengsel van kunsmatige intelligensieplatforms op hulle rekenaars en met virtuele realiteitskopstukke. Die platforms vind uit wat die jongmense se sterk- en swakpunte is en pas dan hulle klasse daarvolgens aan.