KI neem toe in joernalistiek

Die gebruik van kunsmatige intelligensie in joernalistiek is aan die toeneem. KI-gereedskap kan gebruik word om take soos data-analise, inhoudgenerering en selfs feitekontrole te outomatiseer. Die Namibia Media Trust het ‘n studie gedoen van hoe plaaslike joernaliste KI in hul daaglikse take integreer. Die resultate van die studie is by ‘n geleentheid in die hoofstad vrygestel. Zoe Titus, die direkteur van die media trust, deel meer oor die bevindinge.