KI kan nou opspoor of katte pyn het deur hul gesigte te skandeer
Kunsmatige intelligensie kan nou sien of ‘n kat pyn het deur na sy gesig te kyk, met ‘n toepassing wat deur veeartse en ontwikkelaars in Japan gebou is. Die toepassing is ontwerp met behulp van 6 000 foto’s van katte, en is meer as 95 persent akkuraat. Die meeste veeartse kan sê of ‘n dier pyn het, maar dis moeiliker vir eienaars. Meer as 230 000 mense het reeds die toepassing gebruik sedert die bekendstelling in Japan. Die land het verlede jaar nagenoeg 16 miljoen honde en katte as troeteldiere gehad, meer as die aantal kinders onder 15.