KI die fokus van reuse-skou in China

Vanaf fone wat ‘n gedokterde video kan naspeur tot by outonome intelligente voertuie. Die ontwrigtende potensiaal van kunsmatige intelligensie is die fokus van die Mobiele-wêreldkongres in Sjanghai. Sommige van China se grootste ondernemings het op die konferensie hul nuutste produkte en visies vir ‘n KI-gedrewe toekoms ten toon gestel. Die slimtoestelvervaardiger, Honor, het tegnologie onthul wat volgens hom bedrogspul-oproepe kan uitken en die eienaar van die foon intyds waarsku. Daar is in Februarie onthul ‘n Hongkongse werker in finansies het miljoene dollar oorgeplaas na bedrieërs wat op ‘n video-oproep hulself as sy kollegas voorgedoen het met behulp van KI.