Khowarib groenskema vaar goed

Plaaslike media berig die Khowarib groenskema, naby Sesfontein, vaar redelik goed. Die skema is in 2019 van stapel gestuur en sedert Aloe Agriculture Technologies betrokke geraak het, word die skema op 100 persent van kapasiteit bedryf. Die skema het uitgebreide groentetuine en word deur die Omgewingsbeleggingsfonds gefinansier. Daar word ook opleiding aan plaaslike boere gebied. Meer as 20 mense is voltyds aangestel onder leiding van twee buitelandse tegniese kenners. Groenskemas is weer in die nuus met hulle belangrikheid wat herbeklemtoon word veral nou met die droogte.