Khomas wys hoogste inflasie, maar nie op alles

Die Namibiese Statistieke-agentskap het die inflasiesyfers vir Mei vroeër bekend gemaak. Mei se inflasie het op 4,9 persent ingekom, effe hoër as die 4,8 persent van April. Sonale inflasie toon ‘n heel ander prentjie met Khomas wat inflasie van 5,2 persent ervaar het. Die agentskap het ook die prys van 200 gram rooibostee en 5 kilogram mieliemeel in die sones gemeet. Die tee was die duurste in sone 3, die Suide en Erongo en Omaheke, en die goedkoopste in Khomas. Die meel was weer op sy beurt goedkoopste in Khomas, sone 2, en duurste in die sone 1, die noordelike streke.