Khomas-streekraad help kleiner ondernemings

Die Khomas-streekraad het 2,5 miljoen Namibiese dollar geoormerk om klein en medium ondernemings in die streek te ondersteun, met die doel om ekonomiese groei te stimuleer en werksgeleenthede te skep. Die Raad gaan voort met sy ondersteuningsprogram genaamd die Inkomste-genererende Aktiwiteite-projek, waarvolgens ondernemings met toerusting en materiaal bygestaan word. Altesaam 1,5 miljoen dollar word vir hierdie program bewillig. ‘n Verdere 1 miljoen dollar word herlei om klein projekte in die streek te implementeer, volgens die raad se voorsitter, Shaalukeni Moonde. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, gesels wat sê hy hoop ander streke doen dieselfde.