Khomas: Net N$10 vir ‘n skool-aansoekvorm

Die streeksdirekteur vir onderwys in Khomas, Paulus Nghikembua sê skole mag nie aansoekvorms vir meer as 10 Namibiese dollar verkoop nie. Dit kom na gerugte dat sommige skole 50 dollar vra. Aansoeke vir grade 1 en 8 is oop en sluit op 14 Junie. Nghikembua sê skole is reeds ingelig oor die beslissing dat aansoekvorms wel verkoop kan word maar, die maksimum koste mag nie 10 dollar oorskry nie. Khomas sukkel jaar op jaar om plekke te voorsien vir die twee grade en elke jaar is daar berigte van aansoekvorms wat vir tot 300 dollar deur bedrieërs verkoop word.