Khomas moet al hoe meer geld bewillig vir maatskaplike projekte, bystand

Die Khomas-streeksraad sê ongeveer 50 persent van jeugdiges in die streek is werkloos. Die raad, wat onlangs vergader het en bedrywighede vir die jaar hervat het, sê alle pogings sal gemaak word om geleenthede vir die groep te skep om self-onderhoudend te word. Die raad het ook 2,5 miljoen Namibiese dollar opsy gesit om klein sakeondernemings te ondersteun met inkomste-genererende projekte. Die raad het ook 13 miljoen dollar begroot om lewenstandaarde te verbeter wat onder andere MIV/Vigs behandeling, water en sanitasie, skoolvoorrade en werkloosheid insluit. Alle kiesafdelings word ook bygestaan met die aankoop van skooluniforms ter waarde van 500 000 dollar. Owerhede regoor die land word genoodsaak om al hoe meer fondse opsy te sit vir maatskaplike bystand.