Khomas Mediese Groep wil aksie sien oor jeug, vroue

Die Khomas Mediese Groep bied môre ‘n ontbyt aan met vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah by die Windhoek Buiteklub. Die ontbyt sal leiers van prominente sakemaatskappye in verskillende industrieë bymekaar bring. Die vise-president sal die hoofrede lewer oor Namibië se ekonomiese groei en geleenthede vir die toekoms. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Danie Theunissen, die hoofbestuurder van die Khomas Mediese Groep, wat meer inligting gee.