Khomas-konsultasies oor groenwaterstof-projek begin Dinsdag
Die regering van Namibië en Hyphen Hydrogen Energy gaan sy veldtog vir Namibië se braanbreker groenwaterstof-projek vanaf Dinsdag in die Khomas-streek van stapel stuur. Die sosio-ekonomiese ontwikkelingsraamwerk van die projek is einde Julie op Keetmanshoop bekendgestel. Die raamwerk is ‘n integrale deel van die haalbaarheids- en implementerings-ooreenkoms om die sosio-ekonomiese welstand van Namibië te bevorder, werk te skep, plaaslike gemeenskappe te bemagtig en ekonomiese groei te bevorder. Die regering en Hyphen gaan tot Oktober al 14 streke besoek om met gemeenskappe en besighede te konsulteer om volledig die raamwerk te verduidelik.