Khomas het 1 540 huise saam met NHE gebou

Die goewerneur van die Khomas-streek Laura McLeod-Katjirua, het vanoggend haar streeksrede gelewer. Die behuisingsagterstand en stelselmatige toename van informele nedersettings is een van die streek se grootste uitdagings. Sy sê die 2022-projek vir die opgradering van die nedersettings, in samewerking met die behuisingsonderneming en ander vennote het reeds 1 540 nuwe huise opgelewer al is daar uitdagings.