/Khomanin kry grond – Calle

Landbouminister Calle Schlettwein sê twee kommersiële plase is bekom om in gemeenskaplike grond vir die /Khomanin-gemeenskap omskep te word. Die plase is in die Khomas-streek, wat die /Khomanin se voorvaderlike grond is. Hy sê die regering het Groot Korasieplaats, 140 kilometer noordoos van Windhoek, vir amper 34 miljoen Namibiese dollar aangeskaf. Schlettwein sê die aankoop is genoodsaak omdat die /Khomanin geen gemeenskaplike grond het nie.