Khawaja sê Palestina-boodskappe nie polities

Krieket: Die Australiese kolwer, Usman Khawaja, dra ʼn swart mouband en het kleefband oor die boodskappe op sy skoene ter ondersteuning van die mense in Gaza geplak, in die eerste toets teen Pakistan in Perth. Gedurende oefeninge het hy die boodskappe, “Vryheid is ʼn mensereg” en “Alle lewens is gelyk” op sy skoene geskryf gehad in die kleure van die Palestynse vlag. Hy staan daarby dat die boodskappe nie polities van aard is nie en beplan om die beslissing van die Internasionale Krieketraad te beveg dat hy dit nie tydens spel mag vertoon nie. Khawaja beskou die boodskappe as ʼn humanitêre oproep.