Khawaja gaan nie weer swart armband dra

Krieket: Die Australiese kolwer, Usman Khawaja, sê hy sal nie weer ‘n swart armband dra by Dinsdag se toets in Melbourne nie, maar sal saam met Krieket Australië werk aan ‘n manier om sy steun vir mense in Gaza uit te spreek. Die Internasionale Krieketraad het die wêreld se voorste lopiemaker in toetse vanjaar aangekla van die oortreding van sy regulasies, oor die armband wat hy gedra het tydens die eerste toets teen Pakistan in Perth. Op ‘n nuuskonferensie het Khawaja die beslissing betwis en sê hy het die armband gedra weens persoonlike rou, en nie ter ondersteuning van Gaza nie.