Khan vra vir lasbrief Mianmar se junta-hoof

Die hoofaanklaer van die Internasionale Strafhof het regters gevra om ‘n lasbrief vir die arres van Mianmar se junta-hoof, Min Aung Hlaing, uit te reik oor beweerde misdade teen die mensdom wat teen Rohingya-Moslems gepleeg is. Karim Khan se versoek aan die hof se regters in Den Haag is die eerste aansoek om ‘n arrestasiebevel teen ‘n hoëvlak Mianmese regeringsamptenaar oor die misbruik van die Rohingyas. Dit sluit in deportasie en vervolging, wat na bewering tussen 25 Augustus en 31 Desember 2017 plaasgevind het.