Khan ondersoek oorlogsmidade in Sudan

Die Internasionale Strafhof se hoofaanklaer, Karim Khan, ondersoek dringend bewerings van oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom in die Darfoer-stad Al-Fashir. Die stad het ‘n nuwe front tussen die Sudanese weermag en die paramilitêre Rapid Support Forces geword. Khan sê sy ondersoekers het geloofwaardige bewerings gesien van wat lyk soos etnies-gemotiveerde aanvalle op burgerlikes, wydverspreide gebruik van verkragting asook aanvalle op hospitale. Khan het reeds in Januarie aan die VN-veiligheidsraad gesê hy glo oorlogsmisdade word in Darfoer deur regeringstroepe en die RSF in El Geneina gepleeg.