Kersfees-babas bring vreugde

Kersdag in Windhoek het vreugde gebring in die vorm van ses nuwe Namibiërtjies wat by die Katutura Intermediêre en Sentrale hospitale aangemeld het. Vier dogtertjies en ‘n seuntjie is in die Katutura-hospitaal se kraamsaal gebore, terwyl ‘n seuntjie in die Sentrale Hospitaal aangekom het. Die Katima Mulilo staatshospitaal het ‘n seuntjie verwelkom. ’n Senior vroedvrou by die hospitaal, Emely Chidolo, sê 14 verwagtende moeders is op Oukersaand opgeneem, en tien van hulle het dieselfde dag geboorte geskenk aan nege seuns en ‘n meisie.