Kerry loof Biden vir VSA se klimaatsbeleid

Die spesiale omgewingsgesant van die VSA John Kerry is in Davos, Switserland by die vergadering van die Wêreld Ekonomiese Forum. Hy het met Amerikaanse media gepraat oor president Joe Biden se impak op klimaatsverandering en die Amerikaanse regering se beleid in die verband.