Kernstasie wek kommer in buurland

Die Suid-Afrikaanse drukgroep Koeberg Alert Alliance is bekommerd oor ‘n subkomitee van die nasionale energiereguleerder, Nersa, se voorwaardelike goedgekeuring van ‘n voorstel oor die oprigting van nog ‘n kernkragstasie. Nersa se raad sal die finale besluit neem oor die stasie wat 2 500 Megawatt krag sal kan opwek. Peter Becker van die drukgroep sê Eskom probeer die probleme met instandhouding by die Koeberg-kernkragsentrale in Kaapstad vermy: