Kernkragstasie in Oekraïne brand

Europa se grootste kernkragsentrale in Oekraïne se suidoostelike Zaporizhzhia-streek is in vlamme nadat Russiese soldate dit aangeval het. Oekraïne se minister van buitelandse sake, Dmytro Kuleba, het in ‘n twiet gesê as die aanleg ontplof, sal dit tien keer groter wees as Chernobyl, wat nou onder Russiese beheer is. Hy sê die Russiese magte moet onmiddellik met ‘n skietstilstand begin en brandbestryders toelaat om ‘n veiligheidstrook te vestig. Die kernkragaanleg voorsien sowat 25 persent van Oekraïne se kragopwekking en is die negende grootste in die wêreld.