Kerke vra hervormings in mynbou vir beter voordele

Die Raad van Kerke in Namibië, pleit vir hervormings in die mynbou- en ontginningsbedrywe om sosio-ekonomiese ontwikkeling te dryf en die omgewing te bewaar. Deur sy Alternatiewe Mynbou-indaba in Namibië wat tans aan die gang is, het die Raad ten doel om verantwoordelike mynboupraktyke af te dwing en nywerheidsbydraes tot gemeenskapsontwikkeling te verseker. Die Voorsitter van die raad se uitvoerende komitee, pastoor Ferdinand Otto, het hul bekommernisse voorgelê.