Kerk soek sy geld, wend hom aan die hof

Regter Herman Oosthuizen sal vandag ‘n statusverhoor hou oor die saak waar die Convent of the Holy Cross Standard Bank dagvaar vir net meer as 240 000 Namibiese dollar. Die klooster, wat deur die Katolieke Kerk besit word sê daar was bedrieglike aktiwiteit op sy rekening. Die bank het verskeie somme geld terugbetaal, soos opgespoor, maar die kerk eis volle betaling. Die partye se bemiddeling was uitgestel en daar word verwag ‘n nuwe datum vir onderhandelings sal vandag bepaal word.