Kerk gesloop weens lawaai en geweld
Die Uukwambi Tradisionele Owerheid het die Omwene Tumange Ministerie-kerk by Oshuudhi in die Noorde gesloop, dit ná ‘n mislukte uitsettingspoging. Die owerheid se woordvoerder, Kalimba Othituku ti, sê die kerk het sonder toestemming funksioneer en het die vrede in die dorp versteur. Volgens hom het die kerk haat versprei haat en die gemeenskap ontwrig met beskuldigings van heksery. In 2023 het aantygings van heksery deur kerklede veroosaak dat eiendom brandgesteek is en drie mense is gearresteer. Dit na die ma van die familie deur die kerk as heks uitgewys is.