Kerk-gemeentelede skenk bloed

Honderde gemeentelede van die Hope Church in Windhoek het bloed gaan skenk om bloedbanke in Namibië by te staan. Die Namibiese Bloedoortappingsdiens pleit deurentyd dat Namibiese burgers bloedskenkers word en dat diegene wat reeds bloed skenk, dit meer gereeld moet doen. Titus Shivute, woordvoerder van die diens sê aan Kosmos 94.1 Nuus gepraat hulle is dankbaar teenoor Hope Church en al die ander bloeskenkers.